Só lyk Kimberley-paaie teen Woensdagoggend

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Na berigte blokkeer taxi’s die pad by die verkeerslig by die afdraai na Roodepan.

Die pad na die Kimberley-lughawe is Woensdagoggend ook toe weens betogings. Na berigte gooi betogers klip.

Die betogers is aan Greenpoint se kant van die N8 besig om te betoog. Na wat berig word is die paaie onbegaanbaar en is die betogers besig om klippe te gooi.

As jy miskien ‘n foto het wat jy wil deel of weet van nog paaie wat toe is, stuur ‘n WhatsApp na 065 984 5937.