Zweleni Mkhize: 853 nuwe Covid-19-gevalle

Deel hierdie storie / Share this story

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 568 366 mense in SA het nou reeds Covid-19 opgedoen. In die laaste 24 uur het nog 853 persone positief getoets.

Mkhize het ook in sy verklaring aangekondig nog 130 mense het gesterf weens Covid-19. Die dodetal staan nou op 53 887.

Daar is ook 1 494 630 persone wat van die virus genees is.