KAAPSTAD. – Verskeie strate in Vredehoek is Maandagoggend ontruim terwyl die brand in Kaapstad buite beheer voortwoed.
Die brand, wat Sondagoggend uitgebreek het, het die Rhodes Memorial-restaurant, Mostert se Meul en historiese geboue van die Universiteit van Kaapstad gedeeltelik vernietig.
Meer as 250 brandweermanne en -vroue veg reeds vir meer as 24 uur verbete teen die vlamme. Vier brandweermanne is al beseer.



