April 21, 2021

VF Plus bekommerd oor verhoogde eiendomswaardasies in NMBM

Die VF Plus is gekant teen ‘n buitensporige styging in eiendomswaardasies in die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) wat sal lei tot ‘n onbekostigbare verhoging in eiendomsbelasting.

VF Plus bekommerd oor verhoogde eiendomswaardasies in Nelson Mandelabaai-metro

VF Plus bekommerd oor verhoogde eiendomswaardasies in Nelson Mandelabaai-metro

Die VF Plus is gekant teen ‘n buitensporige styging in eiendomswaardasies in die Nelson Mandelabaai-metro (NMBM) wat sal lei tot ‘n onbekostigbare verhoging in eiendomsbelasting.

Dit is volgens Theo Coetzee, VF Plus-LPW: Oos-Kaap.

“Die huidige ekonomiese klimaat in die land en die heersende lae rentekoerse regverdig nie die verwagte styging van 9.5% nie. Die VF Plus se standpunt is dat die verhoging nie bo die huidige inflasiekoers van sowat 5% moet wees nie.”

“Gemeet aan die swak dienslewering in die NMBM, is daar geen verband tussen die beplande verhoogde eiendomsbelasting en ‘n verbetering in dienslewering nie.”

“Die metro moet eerder daarop fokus om sy uitstaande debiteure in te vorder wat toegeskryf kan word aan die kultuur van nie-betaling wat deur die ANC se ideologie veroorsaak is.”

“Dis onregverdig om die inwoners van die metro, wat reeds gebuk gaan onder finansiële druk, buitensporig te belas. Die NMBM moet eerder as ‘n verantwoordelike en besorgde munisipaliteit optree.”

“Inwoners het tot 30 April 2021 om beswaar aan te teken teen hul eiendomme se nuwe waardasies wat sal geld vanaf 1 Julie tot 30 Junie 2025.”

“Die VF Plus moedig inwoners aan om hul eiendomswaardasies na te gaan vir enige foute op die metroraad se webblad by http://www.nelsonmandelabay.gov.za/page/2021-general-valuation.”

“Die vorms om beswaar aan te teken kan by die volgende skakel gevind word: http://nelsonmandelabay.gov.za/documentslist?searchtext=objection&categoryid=8.”

“Die VF Plus sal in die belang van alle inwoners van die metro aanhou om te veg vir gehalte dienslewering.”

*Persverklaring

Lees ook ‘Die VF Plus se konkrete agtpunt-plan vir die verbetering van munisipale bestuur en dienslewering kan soos volg saamgevat word:’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: