April 19, 2021

President Cyril Ramaphosa verander die maatreëls só vir Paasnaweek

Byeenkomste is ‘n geleentheid waar die virus vinnig kan versprei.

President Cyril Ramaphosa vernder die maatreëls so oor Paasnaweek

President Cyril Ramaphosa vernder die maatreëls so oor Paasnaweek Foto: ewn.com

SUID-AFRIKA. – President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika is al net meer as ‘n jaar in inperking. Die pandemie het baie mense geaffekteer. Ons mis nou dinge wat ons voor die pandemie as vanselfsprekend aangeneem het. Ons gehoorsaam die reëls om onsself en ons families te beskerm.

Suid-Afrikaners moet die Paasnaweek aanraking met ander mense beperk. Suid-Afrika het al in totaal ‘n 105 miljoen postiewe Covid-19-gevalle aangemeld en 52 000 mense het al gesterf. Pres. Ramaphosa sê die afgelope twee weke is daagliks ‘n gemiddeld van 1 200 positiewe aangemeld.

Die president het ook oor die inentingsproses gepraat wat in die middel van Februarie afgeskop het. Entstof wat Suid-Afrika bestel het, sal 40 miljoen mense kan inent. “Ons kan verseker dat almal die inenting kan ontvang.”

In April kan mense aanlyn begin registreer om die entstof te ontvang. Apteke, gemeenskapsklinieke en stadiums gaan as inentingsentrums gebruik te word. Die land sal op hoogte gehou word van die fases van die inentingsproses.

Meeste Suid-Afrikaners maak gereed om Paasnaweek te vier en baie het reeds planne gemaak. Alhoewel die nuwe positiewe getalle stabiel bly, moet die land steeds versigtig wees. Byeenkomste is geleenthede waar die virus vinnig kan versprei.

  • Die land sal op vlak een van inperking bly
  • Die aandklokreël is steeds vanaf 00:00 tot 04:00
  • Strande en parke bly oop
  • Slegs 200 mense mag begrafnisse bywoon
  • Mense mag steeds tussen provinsies reis
  • Alkohol mag nie Vrydag – Maandag off site verkoop of gebruik word nie
  • Restaurante mag wel alkohol verkoop
  • Slegs 250 mense mag kerkdienste binne ‘n gebou bywoon, 500 mense mag ‘n kerkdiens buite bywoon

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: