April 21, 2021

Vrou as seksslaaf in huis aangehou, bewyse van nog slagoffers gevind

AUSTRALIË .- James Robert Davis (40) ’n voormalige Australiese weermaglid, is in hegtenis geneem omdat hy glo ‘n vrou vir jare as ’n seksslaaf in sy woning aangehou het. Bewyse van die aanwesigheid van talle ander vrouens is ook op die erf gevind.

(Foto:All4Women) AUSTRALIË .- James Robert Davis (40) ’n voormalige Australiese weermaglid, is in hegtenis geneem omdat hy glo ‘n vrou vir jare as ’n seksslaaf in sy woning aangehou het. Bewyse van die aanwesigheid van talle ander vrouens is ook op die erf gevind.

AUSTRALIË .-  James Robert Davis (40) ’n voormalige Australiese weermaglid, is in hegtenis geneem omdat hy glo ‘n vrou vir jare as ’n seksslaaf in sy woning aangehou het. Bewyse van die aanwesigheid van talle ander vrouens is ook op die erf gevind.

Volgens All4Women is die inhegtenisneming van Davis die gevolg van ’n suksesvolle ondersoek deur die Australiese Federale Polisie se eenheid vir mensehandel.

Vrou is sy besitting weens “slawernykontrak”

Die vrou is na bewering onder ‘n “slawernykontrak” aangehou en is met die dood gedreig as sy sou probeer ontsnap. Sy is aan fisiese, seksuele, sowel as sielkundige mishandeling onderwerp.

Leier van House of Cadifor-kultus

Davis, wat na homself verwys as die leier van ‘n kultus, genaamd House of Cadifor, het buite Armidale gewoon, waar bewyse gevind is van ses vrouens wat hy gyselaar gehou het. Owerhede sê die vrouens het almal “slawernykontrakte” geteken.

Foto: All4Women

Nadat Davis die 11de Maart gearresteer is, het 50 polisielede sy eiendom deursoek en het op talle bewysstukke insluitend selfone, kameras en rekenaars. beslag gelê.

Owerhede vermoed die ander slagoffers is steeds te bang om na vore te kom.

Op Davis se erf is ’n skuur gevind met haarkapperstoele en bokse met sekstoerusting, insluitend swepe en krae.

Foto: All4Women

Vier groot houtbokse is ook op die erf gevind. Elke boks het ’n vrou se naam op.

Op die erf is ook klein huisies met enkelbeddens in gevind.

Die vrou is na bewering onder 'n 'slawernykontrak' aangehou en is met die dood gedreig as sy probeer ontsnap.
Foto: All4Women

Lees ook: Twee kry agt jaar vir verkragtings

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: