April 18, 2021

Sol Plaatje-universiteit reageer op studente se vereistes

Professor Andrew M. Crouch, Sol Plaatje se vise-kanselier en hoof, het ’n brief aan die universiteit se studenteraad gestuur waarin hy elk van die vereistes aanspreek.

Professor Andrew M. Crouch, Sol Plaatje se vise-kanselier en hoof, het ’n brief aan die universiteit se studenteraad gestuur waarin hy elk van die vereistes aanspreek. (Foto: Archello)

Die studenteraad van Sol Plaatje-universiteit, wat die studente verteenwoordig, het op 15 Maart tydens ‘n proteaksie ’n memorandum met vereistes aan die universiteit se bestuurspan oorhandig. Die memorandum bevat 15 vereistes.

Professor Andrew M. Crouch, Sol Plaatje se vise-kanselier en hoof, het ’n brief aan die universiteit se studenteraad gestuur waarin hy elk van die vereistes aanspreek.

85% van studente word deur staat befonds

Die studenteraad eis dat die universiteit homself daarvan weerhou om die instansie ’n luuksheid te maak wat slegs vir bevoorregte mense toeganklik is.  Professor Crouch het dit in die brief duidelik gemaak dat 85% van Sol Plaatje se studente deur die staat befonds word, wat beteken die meeste van die studente hier is van ’n minderbevoorregte agtergrond.

“Die strewe na uitnemendheid waaraan ek die universiteit verbind het, is nie ‘n luuksheid nie, maar ‘n noodsaaklikheid as ons sosiale geregtigheid en ekonomiese ontwikkeling vir ons mense wil bereik.”

Studente soek hul toelae

Die studenteraad eis dat studente se toelae vir Maart aan hul betaal word. Dit ten spyte van die feit dat die universiteit eers aan die einde van Maart sal heropen.

Crouch sê die instansie het nog geen geld vanaf die studente se befondsers ontvang nie en dit is om hierdie rede hoekom studente nog niks ontvang het nie.

Daar word verwag van studente wat geld aan die universiteit skuld, om ’n vorm te teken wat sê hul aanvaar die skuld. “n Betaling ten opsigte van die skuld moet ook gemaak word. Daarna sal hul eers toegelaat word om te registreer.

Studente se skuld moet afgeskryf word

Die studenteraad eis dat alle studente se skuld afgeskryf word en hul toegang tot registrasie gegee moet word.

Crouch sê die besluit om die studente se skuld af te skryf, is nie iets wat oor ’n kort tydperk besluit kan word nie. “Die universiteit het ’n verantwoordelikheid om die finansiële langtermyn volhoubaarheid van die instansie te verseker. Om hierdie rede is dit onmoontlik om al die skuld dadelik af te skryf.”

Studente wil terugkeer kampus toe

Die studenteraad eis die terugkeer van alle studente na die kampus omdat sommige studente netwerkprobleme ervaar.

In die brief sê Crouch die universiteit sal voortgaan met die plan om studente toe te laat om terug te keer kampus toe vir die 2021 akademiese jaar. Dit sal egter in fases plaasvind.

“Ons sal voortgaan met hierdie plan deur die gesondheids- en veiligheidsregulasies van die land en die universiteit in ag te neem,” Daar is voorsiening gemaak vir studente met netwerk- en huishoudelike uitdagings.

Sien onderstaande vir meer inligting oor die vereistes.

Lees ook: Digter en aktivis van die Noord-Kaap sterf

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: