NOORD-KAAP. – Sandile Dikeni, ’n Suid-Afrikaanse digter, is op die ouderdom van 53 oorlede.
Hy is gebore op Victoria-Wes en het regte studeer aan die Universiteit van die Witwatersand en die Universiteit van die Wes-Kaap.
Bernice Sinxeve, die LUR vir sport, kuns en kultuur, sê sy wil haar innige meegevoel aan die Dikeni-familie oordra met die heengaan van ’n bekende skrywer, aktivis en digter.
“Op die hoogtepunt van apartheid het Sandile die strydboodskap en gees lewendig gehou deur sy geskrifte. Hy het merkwaardige toewyding aan die waardes en aspirasies van die samelewing getoon. Hy het sy skryfwerk gebruik om die onderdrukkende apartheidstelsel te konfronteer. Deur sy werk het hy ons vooruitgang na vryheid en demokrasie versterk. Mag sy dierbare siel in vrede rus,” sê Sinxeve.
Hy was die skrywer van Love Poem for My Country, Red Song, Guava Juice en meer.



