MOSSELBAAI.- Twee mans is dood en vier ander is ernstig beseer tydens ’n skietvoorval by ’n gastehuis in KwaNonqaba.
Volgens EWN was die drie mans en drie vrouens Maandag binne die gastehuis toe drie mans met gewere daar instorm en op hulle skiet.
’n 32-jarige man het op die toneel aan sy beserings beswyk terwyl die ander slagoffer in die hospitaal omgekom het.
Die ander vier slagoffers ontvang tans mediese bystand.
Chris Spies, polisiewoordvoerder, sê daar is nog geen verdagtes nie.
Lees ook: Almal kyk vir jou geel toonnaels!



