Prins Harry sê een van die redes waarom hy en Meghan Markle van hulle koninklike pligte onttrek het, is die gebrek aan ondersteuning in die koningshuis.
Meghan vertel die die paleis gesê het Archie sou nie koninklike beskerming ontvang omdat hy nie outomaties ‘n prins sou word nie. “Hy moes veilig wees en die titel sou hom beskerming gee. Ons seun moes veilig wees.”
Prins Harry, wat vroeg in verlede jaar al nie meer finansiële ondersteuning van die paleis ontvang nie, sê as dit nie vir sy ma, prinses Diana, se erflating was nie, sou hulle nie van hulle koninklike pligte kon onttrek nie.
Meghan vertel ook dat sy selfdoodgedagtes gehad het. “Ek wou nie meer lewe nie. Ek was eers te skaam om dit te sê, maar ek het later besef as ek dit nie sê nie, gaan ek dit doen. Ek wou net nie meer lewe nie.”
Toe sy uiteindelik wou hulp kry, het ‘n senior amptenaar in die paleis vir haar gesê sy kan nie hulp kry nie, want dit sou die koningshuis laat sleg lyk. Toe Harry ook later met die amptenare gaan praat het, is daar geen hulp aangebied nie.



