August 5, 2021

Ses voordele om later kinders te kry

Die goeie nuus is dat al hoe meer navorsing ‘n paar verrassende voordele aan die dag lê vir ‘n ouer ma.

Ses voordele om 'n kind later in die lewe te hê. Foto: Helena Lopes

Ses voordele om 'n kind later in die lewe te hê. Foto: Helena Lopes

Party vrouens stres as dit by hulle biologiese horlosie kom. Dit is waar dat die aantal vrugbare eiertjies minder raak soos ons ouer word – en swangerskap op ouer as 35 het ‘n paar ekstra risiko’s en komplikasies soos hoë bloeddruk of diabetes.

Dit is dus altyd ‘n goeie idee om met jou dokter te konsulteer oor jou gesinsbouplanne om seker te maak jy maak die regte keuse vir jou lewe en gesondheid.

Die goeie nuus is al hoe meer navorsing wys op ‘n paar verrassende voordele vir ‘n ouer ma.

Hier is ses van die grootste voordele:

1. Dit kan jou breinkrag versterk

Alhoewel dit ook die voordeel kan wees van minder spanning en die vermoë om meer kennis op te doen deur middel van skoolopleiding, het studies getoon as jy kinders later in jou lewe het, jy geestelik skerper kan word.

2. Jou kind het ‘n verminderde risiko vir beserings

Natuurlik gaan jy jou kind so goed as moontlik beskerm, ongeag jou ouderdom. Verskeie studies wys egter die risiko van ‘n kind om ‘n onbedoelde besering wat mediese hulp benodig, te ervaar, neem af met die toenemende ouderdom van die moeder.

3. Jy kan emosioneel meer voorbereid wees

Volwassenheid kom ongetwyfeld saam met ouderdom. (Dink net aan hoeveel jy sedert jou tienerjare verander het!) Navorsing dui daarop volwassenheid speel ‘n rol in beter ouerskap.

4. Jou kind is waarskynlik tegnologies meer gevorder en beter opgelei.

Hoe langer jy wag om kinders te hê, hoe groter is die kans dat jou kind meer gevorderde tegnologie sal verstaan.

5. Jy is miskien meer finansieel stabiel

Meeste navorsing ondersteun die teorie dat goeie gesondheid dikwels gekoppel is aan hoeveel geld daar in die bank is.

As jy die voordeel het dat jy jou graad voltooi het en jy jou professionele loopbaan ontwikkel, is dit waarskynlik dat jy ‘n hoër salaris gaan verdien as ‘n ma wat ‘n kind gehad het voordat sy haar loopbaan begin het.

6. Jy mag selfs langer lewe

Sommige mense dink babas laat in die lewe beteken dat jy nie die energie sal hê om tred te hou met jong kinders nie, of erger nog – jy sal nie daar wees tydens groot lewensgebeurtenisse nie. Maar navorsing vind dit is nie waar nie.

Daar is ‘n studie gedoen wat bevind het vroue wat kinders het na die ouderdom van 33 jaar se kanse verdubbel om 95 jaar oud te word teenoor vroue wat hulle laaste kind voor die ouderdom van 30 gehad het.

Bron: www.parents.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *