Water word steeds om 14:00 afgesit

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Sol Plaatje-munisipaliteit het vanoggend bevestig die situasie rondom die water het steeds nie verander nie en die water sal weer vandag om 14:00 afgesit word.

Baie gebiede in Kimberley ervaar tans min of geen waterdruk nie.

FiND iT het navraag by die munisipaliteit gedoen en wag steeds vir terugvoering.

Gebiede wat moontlik beïnvloed word:

  • Hillcrest
  • Carters Glen
  • Middestad
  • De Beers
  • New Park
  • Albertynshof

Lees meer artikels hier.