February 28, 2021

10 Bekendes wat liedjies oor hulle kinders geskryf het

Het jy geweet dat van die mooiste liefdesliedjies deur musikante oor hulle kinders geskryf is?

10 Bekendes wat liedjies oor hulle kinders geskryf het. Foto: Austin Neill

10 Bekendes wat liedjies oor hulle kinders geskryf het. Foto: Austin Neill

Februarie is die maand van liefde, en daar is geen rede waarom die liefde tot romantiese liefde beperk moet wees nie.

Daar is soveel ander verhoudings wat liefde verdien – vriende, ouers, oumas en oupas, en natuurlik kinders.

Het jy geweet dat van die mooiste liefdesliedjies deur musikante oor hulle kinders geskryf is?

Hier is SheKnows se lys van bekendes wat liedjies oor hulle kinders geskryf het:

Stevie Wonder – Isn’t She Lovely: Geskryf na die geboorte van sy eerste kind, Aisha.

Alanis Morissette – Ablaze: Elke vers is ‘n beskrywing en wenslys vir elkeen van haar drie kinders.

Machine Gun Kelly – Play This When I’m Gone: Hy is pa vir dogter Cassie, en hy het ‘n hartverskeurende lied vir haar geskryf.

Beyoncé – Blue: Sy het hierdie lied geskryf vir dogter Blue Ivy Carter.

Adele – Sweetest Devotion: Die laaste liedjie op haar derde album, 25, gaan oor Angelo, haar driejarige seun.

Brandi Carlile – The Mother: Hierdie is geskryf vir haar eerste kind, dogter Evangeline.

Pink – Run: Die lied is bedoel om haar dogter Willow Sage se drome aan te moedig en te ondersteun.

John Lennon – Beautiful Boy (Darling Boy): Dit is sy ode aan sy tweede kind, Sean Ono Lennon, en ‘n pragtige wiegeliedjie.

DJ Khaled – I Love you So Much: Die lied straal vreugde, trots en liefde uit vir sy nuwe babaseuntjie.

Bron: www.sheknows.com

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: