Vyf tipes inhoud om kliëntebetrokkenheid te bevorder
Watter tipe inhoud is die beste vir betrokkenheid?

Vyf tipes inhoud om kliëntebetrokkenheid te bevorder. Foto: Aaron Weiss
Elke besigheid wil meer met hulle klante skakel. Hulle wil meer klikke, shares en terugvoering hê, sodat potensiële klante hulle besigheid kan sien.
Maar watter tipe inhoud is die beste vir betrokkenheid?
1. Video-inhoud
Baie verbruikers geniet video-inhoud. Hulle hou daarvan om insiggewende programme te kyk oor onderwerpe wat hulle interesseer. Hulle hou ook daarvan om na tutoriale te kyk. Mense kyk ook graag na regstreekse video’s op sosiale media, so as jy ‘n geleentheid aanbied, kan jy dit ook live doen.
2. Blogs
Blogs is die staatmaker van inhoud en moet insiggewend en vermaaklik wees. Die stem van jou handelsmerk moet duidelik blyk uit elke blog wat jy skryf. Jy kan blogs gebruik om jou klante oor jou produkte in te lig.
3. Lang inhoud
Hierdie inhoud kan e-boeke of blogs wees. Dit is van kritieke belang om opskrifte te hê, sodat verbruikers kan gaan na die deel van die inhoud wat hulle wil lees.
4. Interaktiewe inhoud
Klante hou daarvan om met handelsmerke te kommunikeer en dit kan gedoen word deur interaktiewe inhoud te gebruik. Jy kan ‘n vasvra opstel wat jou klant help om sy probleem op te los. Die data wat jy met die interaktiewe inhoud versamel, kan jou help om jou begrip van jou klante te verfyn.
5. Infografika
Hierdie tipe inhoud is een van die mees gedeelde inhoud aanlyn. Mense deel graag visueel aantreklike en informatiewe inhoud.
Bron: www.womenontop.co.za