Spookstorie-reeks: Oë wat vir my kyk

Dit het net erger geword hoe ouer ek word.

Spookstorie-reeks: Oë wat vir my kyk

Spookstorie-reeks: Oë wat vir my kyk

*** Spookstories word deur FiND iT-lesers ingestuur en is nie die opinie van FiND iT nie.***

Ek sê al van kleins af vir my ma dat daar iets vir my kyk, dit spook. Dit het my baie bang gemaak en het net erger geword hoe ouer ek word.

Ek het eendag as kind om ons huis se motorhuis geloop toe ek ’n ding met rooi oë gewaar. Met die gevolg dat ek net daar omgedraai en weggehardloop het.

Saans het ek gesukkel om te slaap, want dit het heeltyd gevoel iets hou my dop. Tot vandag toe nog voel dit so.

Toe ek omtrent 15 jaar oud was, het iets die een aand my kombers van my afgetrek. Ek het regop gesit om te kyk wat dit was, maar die volgende oomblik was ek teen die bed vasgedruk. Ek kon nie beweeg nie en kon skaars asemhaal. Dit het so aangehou tot die volgende oggend.

Ek het al pastore gaan sien. My huis is al skoongemaak, maar dit gaan net eenvoudig nie weg nie. Ek weet nie wat dit is nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: