February 28, 2021

Moet jou hond se anale kliere skoongemaak word?

’n Hond se anale kliere kan ontsteek en ’n abses of sellulitis ontwikkel wat baie pyn vol is asook kan dit ’n baie morsige situasie veroorsaak.

’n Hond se anale kliere kan ontsteek en ’n abses of sellulitis ontwikkel wat baie pyn vol is asook kan dit ’n baie morsige situasie veroorsaak.

’n Hond se anale kliere kan ontsteek en ’n abses of sellulitis ontwikkel wat baie pyn vol is asook kan dit ’n baie morsige situasie veroorsaak. Foto: Pixabay

’n Hond se anale kliere kan ontsteek en ’n abses of sellulitis ontwikkel wat baie pynlik is, asook kan dit ’n baie morsige situasie veroorsaak.

Volgens Preventivevet is die anale kliere aan beide kante van jou hond se anus tussen die inwendige sfinkter en die rektum. Dié kliere het selle wat olie en sweet afskei, wat vir die mens sleg ruik. Maar vir jou hond ruik dit net reg en veroorsaak dat hy ‘sy reuk agter kan los.’ Die afskeiding wat uit die anale kliere kom, merk die hond se gebied. Die reuk van die afskeiding is ’n reuksein aan ander honde. Dit dra ook by tot diere se sosiale interaksie. Elke hond se reuk is anders en daarom ruik hul aan mekaar se agterstewes, om te weet of hul reeds ontmoet het en of hulle van mekaar hou of nie.

Na regte word jou hond of kat se anale kliere skoongemaak wanneer hy ontlas. Die sfinkter druk die ontlasting teen die anale kliere wat dit uitdruk.

Lees meer artikels hier

Hoe weet ek my hond het ’n probleem met sy anale kliere?

Jou hond skuur sy boude op die vloer, lek baie die rektum, ’n vreemde reuk kan opgemerk word by jou hond, die hond wil nie sit nie en daar kan bloed in sy stoelgang wees.

Die hond se anale kliere kan self tuis skoongemaak word, maar die beste opsie is natuurlik om die hond na ’n veearts te neem en te kyk hoe dit gedoen moet word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: