February 28, 2021

Drie familielede in ongeluk beseer

Die twee seuns het behandeling en vervoer van die hand gewys.

Drie familielede in ongeluk beseer

Drie familielede in ongeluk beseer

VEREENIGING. –  Die ouers van twee seuns in hul 20’s is ernstig beseer en hul swanger skoondogter het ligte beserings opgedoen toe hul minibus gisteraand op die Vaalweg in Bedworth Park, Vereeniging, met ’n rooi VW Polo op die kruising van die R42 en Ascot gebots het.

ER24-paramedici het omstreeks 23:24 saam met al die betrokke owerhede op die toneel opgedaag. Daar is gevind dat die ma en pa, wat in hul 40’s is, ernstige beserings opgedoen het.

Die skoondogter, wat in haar vroeë 20’s en swanger is, het hulp nodig gehad om uit die bus te klim, maar het net ligte beserings opgedoen.

Die twee seuns het behandeling en vervoer van die hand gewys. Die drie beseerde pasiënte is daarna na Vereeniging-Mediclinic vervoer.

Die bestuurder van die VW Polo het vermoedelik die toneel verlaat. Die polisie ondersoek die saak.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: