February 26, 2021

Hoekom hierdie Valentynsdag ekstra belangrik is

Hoekom hierdie Valentynsdag ekstra belangrik is. Foto: Nathan Dumlao

Hoekom hierdie Valentynsdag ekstra belangrik is. Foto: Nathan Dumlao

Baie van ons rol ons oë as dit kom by Valentynsdag. Die dag van liefde het so kommersieel geraak dat baie paartjies hulle nie veel steur daaraan nie, en dan is daar ook die argument dat “elke dag Valentynsdag moet wees”.

Hierdie jaar is dit bietjie anders en dit is vir die meeste mense ‘n moeilike tyd. Daar is baie wat lewensmaats verloor het, en ons almal het oor die algemeen min kwaliteittyd met ander.

As daar dus ooit ‘n Valentynsdag was om die liefde van jou lewe te vier, dan is dit dit! Hier is ‘n paar goeie idees om dit spesiaal te maak:

1. Wees dagtoeriste in jou stad

Vanjaar val Valentynsdag op ‘n Sondag, wat dit maklik maak vir paartjies om die hele dag saam deur te bring. Jy kan die tyd gebruik om jou eie stad te gaan verken. Dit is ook maklik om dit binne die begroting te hou.

2. Wees spontaan as dit kom by weggaan

Bederf jou ander helfte met ‘n spesiale Valentynsdagvakansie. Dit kan wees naby die see, by die wildtuin, of in ‘n hotel.

3. As jy tuis wil bly, doen iets buitengewoons

Met die koms van aanlyngeleenthede, is dit maklik om iets spesiaals enige plek in die wêreld by te woon. Gebruik Facebook om te kyk watse geleenthede plaasvind op Valentynsdag. Miskien spoor jy iets op soos cocktailuur by ‘n jazzklub, ‘n kookervaring in Frankryk, ‘n dansklas in Brasilië, of ‘n meditasiesessie met ‘n Japannese monnik. Die wêreld is jou oester!

4. Hou ‘n danspartytjie tuis

Wat van die organisering van ‘n prettige, outydse danspartytjie tuis? Laai YouTube-musiek af op ‘n toestel van jou keuse en speel van julle gunstelingliedjies, of enige liedjies wat van belang is vir julle verhouding. Verander dan die sitkamer in ‘n dansvloer! Liefde is tog gratis.

Het jy enige ander idees? Deel gerus met ons.

Bron: weddingetc.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: