Twee beseer in botsing tussen motorfiets en motor

BAPSFONTEIN. – Twee mans is gisteraand tydens ’n botsing tussen ’n motorfiets en ’n motor op die R25 naby Bapsfontein beseer.

ER24-paramedici het omstreeks 19:40 op die toneel opgedaag en ’n motor in die middel van die pad gevind. Twee mans is in die veld naby hul motorfiets gekry.

Paramedici het die mans ondersoek en het bevind een was in ’n kritieke toestand, terwyl die tweede in ’n ernstige toestand was.

Die mans is behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vir verdere sorg vervoer is.

Die twee insittendes van die motor het geen beserings opgedoen nie.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: