Watermeter lek al vir meer as ’n jaar

KIMBERLEY. – ’n Watermeter op die sypaadjie van Reandrihof in MacDougalstraat, lek al vir meer as ’n jaar. Die meter is glo deur werkers van die munisipaliteit stukkend gery.

Die probleem is menige male aan die munisipaliteit gerapporteer. Die water stroom in die straat af, maar niks word aan die probleem gedoen nie.

Die probleem is ook aan die raadslid van die area gerapporteer.

FiND iT het navraag by Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: