Vermiste hondjie steeds weg

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Skye, die worshondjie wat op 20 Januarie 2021 uit haar erf in Lionelstraat, New Park gekom het, is steeds vermis.

Haar eienaar, Jennilee Ellis, sê haar hart is stukkend sonder Skye. “Ons familie is stukkend. Sy het als saam met ons gedoen. Saam op die bed geslaap. As ek gaan sit het, was sy altyd op my skoot.”

Skye is net oor die twee jaar oud en het ’n sny op haar maag van ’n vorige operasie waaraan sy uitgeken kan word.

Daar word ’n R2 500 beloning aangebied vir die persoon wat vir Skye kan terugbring.

Indien jy enige inligting oor Skye het, kontak asseblief vir Jennilee by 084 407 1594.