April 23, 2021

Covid-19 in SA: Só lyk die syfers nou

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.

Die infeksiesyfer het met 6 141 gestyg. Daar is nou in totaal 1 443 939 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 43 633 en 1 284 781 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 8 20 3584 toetse vir die virus doen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: