Totsiens Musica

Foto: EWN
JOHANNESBURG. – Clicks het aangekondig dat hulle besluit het om al hul Musica-winkels te sluit.
19 Musica-winkels het reeds hul deure gesluit en 59 sal aan die einde van Mei dieselfde doen.
Volgens Eyewitness News is Musica ’n welbekende handelaar in die musiekbedryf, maar kon net nie byhou met die groeiende gewildheid van aanlyn musiek nie.