Man laat sny neus en bo-lip af om soos ruimtewese te lyk

SPANJE. – Dit was nog altyd Anthony Loffredo (32) se droom om soos ’n swart ruimtewese te lyk en hy het so ver gegaan om sy neus en bo-lip te laat verwyder om nader aan sy doelwit te kom.

Tot op hede het Loffredo sy hele liggaam laat getatoeëer – sy oogballe ingesluit – en sy tong laat verdeel.

Hy kom oorspronklik uit Frankryk, maar sy neus is in Spanje verwyder, want dit is onwettig in sy land van herkoms.

Toe hy oor sy jongste projek gesels, het hy nie gespesifiseer wanneer, waar of deur wie dit gedoen is nie, maar hy het gesê dat hy moeilik praat nadat sy lip verwyder is.

Tydens ‘n regstreekse uitsending op Instagram het Loffredo gesê dat hy hoop om sy vel eendag te verwyder om dit deur metaal te vervang.

Hy het gesê dat hy ondanks sy skrikwekkende voorkoms geen probleem sien met die manier waarop hy lyk nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: