PEP neem groot inisiatief met PEP lay-by buddy

Wil jy iemand in nood help deur hul lewe ’n bietjie makliker te maak? Dan is die PEP lay-by buddy-inisiatief vir jou.

Die inisiatief het reeds in 2019 begin toe ’n man by PEP in Mosselbaai ingestap het en vir al die winkel se klante se uitstaande bêrekoop-aankope betaal het. Die bedrag was om en by R300 000. Die inisiatief het net van daar uitgekring.

PEP het tot op hede 16 000 klante gebel en vir hulle gesê hul bêrekoop-rekening is vereffen.

Die storie maak steeds groot opslae in die media en versprei hoop en dankbaarheid regoor die land.

Jy kan iemand in nood help om hulle bêrekoop-aankope te help betaal. Jy kan so min as R2 in ’n PEP-winkel of so min as R20 aanlyn bydra. Dit is heeltemal anoniem.

Hoe werk dit:

  • Enige betaling wat gemaak word, word in die PEP-bêrefonds gedeponeer met die doel om klante se aankope te vereffen.
  • Elke maand ontvang lukraak gekose begunstigdes ’n koopbewys per SMS wat hulle dan kan aflos teen die uitstaande saldo van hul PEP-bêrekoop.
  • Begunstigdes word lukraak deur die stelsel gekies. Ongelukkig kan spesifieke begunstigdes i hierdie stadium nie gespesifiseer of gekies word nie.
  • Bydraes bly anoniem.

Skenk nou in jou naaste PEP-winkel of gaan na hulle webtuiste. https://www.pepstores.com/page/lay-by-buddy om te skenk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: