Orania-beweging: Klarissa se liggaam gevind

ORANIA. – Joost Steyn, uitvoerende hoof van die Orania-beweging, het vanmiddag in ’n persverklaring bevestig Klarissa Joubert (19) se liggaam is vandag in die Oranje-rivier gevind nadat sy Donderdag omstreeks 19:00 van ’n binneband in die rivier geval en meegesleur is.

Steyn het ook alle rolspelers, insluitend Orania-veiligheidsdienste, die Suid-Afrikaanse polisie, verskeie nooddienste en die honderde vrywilligers bedank wat na Klarissa help soek het.

“Die familie het opregte dank aan die gemeenskap van Orania, die vrywilligers, hulle vriende van Ermelo, die polisie en elke helper uitgespreek. Die familie het ’n ernstige beroep gedoen dat die media en ander persone hulle privaatheid sal respekteer, hulle nie sal skakel nie en alle navrae deur die amptelike woordvoerder doen.”

“In hierdie moeilike tyd vind ons krag in ons gemeenskap en in ons Hemelse Vader Jesus Christus,” het Steyn afgesluit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: