ORANIA. – Klarissa Joubert (19) wat Donderdag in ‘n fratsongeluk deur die Oranjerivier se stroom meegesleur is, se liggaam is opgespoor.
’n Baie betroubare bron het aan FiND iT bevestig Klarissa se liggaam is 1,5 km van waar sy ingeval het, in ’n eiland na die brug se kant toe, opgespoor.
Massas vrywilligers, nooddienste, polisie en reddingspanne soek al van Donderdagaand af na Klarissa. Sy het Donderdag omstreeks 19:00 van ’n binneband, waarop sy in die rivier gedryf het, afgeval toe die stroom haar weggesleep het.
Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, het bevestig die liggaam van die 19-jarige meisie is in die Oranjerivier deur die SAPS soek- en reddingspan saam met ander eksterne rolspelers opgespoor.



