HERHOLDSBAAI.- Soek-en-reddingspanne het vanoggend omstreeks 06:00 die soektog na die vermiste tweejarige dogtertjie hervat nadat die familie se wit Fiat gister omstreeks 12:00 met haar en haar ma oor die afgrond by Voëlklip gestort het.
Haar boetie (8) het oorleef en word tans in die hospitaal vir geringe beserings behandel. Die ma (34) se liggaam is gister kort na die insident in die oseaan opgespoor.
Dit is die vierde voertuig wat sedert 2019 oor die krans tuimel.



