April 18, 2021

Vermiste seun (11) na twee weke opgespoor

WARRENTON. – Lenvern Soetmelk (11) wat sedert 7 Januarie 2021 uit sy ouerhuis op Warrenvale vermis geraak het, is ongedeerd gevind. Na ’n berig wat FiND iT geplaas het, het ’n lid van die gemeenskap die seun in Roodepan, Kimberley opgemerk.

Sy ma, Cyrilene Soetmelk, sê die seun is veilig by sy ouma in Kimberley gevind. Sy moes deur middel van ’n familielid die ouma kontak, wat bevestig het die seun het al 8 Januarie by haar opgedaag.

“Ek het geen idee hoe hy daar gekom het nie. Hy het nie toestemming gevra om te gaan nie. Sy ouma het ook nie laat weet my kind is by haar nie. As dit nie vir die berig was wat FiND iT geplaas het nie, het ek nooit geweet waar my kind is nie.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: