Trok brand, drywer ontkom

Foto: Pixabay

KWAZULU-NATAL. –  ’n Drywer van hier het net betyds uitgespring toe sy trok aan die brand slaan.

Volgens The Citizen is die trok Woensdag op die N2 aangeval.  Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê daar was talle skote afgevuur.

’n Video doen die rondte op sosiale media wat wys hoe die trok in vlamme uitbars.

’n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging is geopen.

“Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het hy gesê. Nog geen arrestasie is gedoen nie.

Die vragmotorbestuurders doen ’n beroep op die regering en die private sektor om plaaslike drywers te prioritiseer bo buitelandse burgers. Die drywers beweer dat die regering die plaaslike vragmotorbestuurders doelbewus eenkant toe skuif en vir die buitelandse drywers die werk gee. Dit laat talle plaaslike mense sonder werk.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: