Covid-19 in SA: Só lyk die syfers nou

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het met 11 381 gestyg. Daar is nou in totaal 1 380 807 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 39 501 en 1 183 443 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 7 820 613 toetse vir die virus doen.