SABC-werkers doen ‘n beroep op Ramaphosa

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – SABC-werkers doen ’n beroep op president Ramaphosa om hul werk te red.

Volgens ENCA het die stakende werkers Woensdag na die Uniegebou gery om ’n memorandum te oorhandig. Die SABC, die openbare uitsaaier, beplan om einde Februarie honderde werkers af te dank.

Werknemers wil hê die SABC-raad moet verwyder word en afleggings moet gestaak word. Honderde poste is op die spel en werknemers dreig om regstappe te neem.

Thandeka Gqubule-Mbeki, die ekonomiese redakteur van die SABC, sê:  “Al die taalbanke het oortolligheidsbriewe gekry wat teen die grondwet is. Dit is in stryd met die wet op uitsaaiwese, daarom is ons op pad na die hof om die grondwet te bevestig.”

Die werknemers word deur politieke partye soos COPE bygestaan.