Onwettige sigarethandel glo ontbloot

Foto:Pixabay

Tax Justice SA het ’n geheime ondersoek na Suid-Afrika se onwettige sigarethandel gedoen. Hulle het winkels in Johannesburg, Kaapstad, Pretoria en Durban besoek en het sigarette vir so min as R7.20 ’n pakkie gekoop.

Volgens The Citizen het die onafhanklike Tabakvereniging (Fair-Trade Independent Tobacco Association – FITA) hom van Tax Justice SA gedistansieer en die ondersoek van die hand gewys.

Tax Justice SA sê: “Ons het sigarette gekoop wat ‘n derde van die wettige minimum prys kos. ‘n Pakkie Red & Black het ons R7,20 gekos. Die produsent Afroberg, ‘n lid van FITA, moet op elke pak R17,40 aksynsbelasting aan die regering betaal. Hoe was ons aankoop wettiglik moontlik?”

Tax Justice SA sê hulle het 34 van hierdie onwettige sigaretsoorte gekoop, twee-derdes van hierdie sigarethandelsmerke is deur FITA-lede gemaak. “Hoe kan hierdie ondernemings belasting betaal as hul produkte teen ‘n fraksie van wat hul aan SARS moet betaal verkoop word?”

FITA het Woensdag in ’n verklaring die bevindings van Tax Justice SA met minagting verwerp. Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van FITA, sê die meerderheid van die handelsmerke wat deur Tax Justice SA uitgewys is, behoort nie aan FITA nie.


“Dit is geen verrassing dat hierdie jongste aanval op FITA en sy lede nie te lank na ‘n soortgelyke aanval van ‘n ander groep, Big Tobacco, wat op plaaslike sigaretvervaardigers gerig is, kom nie. Dit is duidelik deel van ‘n nuwe veldtog van Big Tabacco om sy krimpende markaandeel te probeer behou. Dit na die mislukking van die #TakeBackTheTax-veldtog wat deur die media blootgestel,” het Mnguni gesê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: