Munisipale tariefverhogings fopnuus

KIMBERLEY. – Sol Plaatje-munisipaliteit het vandag in ’n persverklaring bekend gemaak munisipale tariefverhogings is fopnuus.

Gedurende die afgelope naweek het mediaberigte onder inwoners en belanghebbendes versprei dat die munisipaliteit nuwe tariefverhogings sal instel.

Die burgemeester het Dinsdag ’n dringende vergadering belê om vas te stel waarvandaan die gerugte kom. In hierdie stadium is dit onduidelik hoe die media hul inligting bekom het.

Die burgemeester het inwoners van Kimberley en die groter Sol Plaatje-area verseker dat geen tariefverhogings ingestel sal word tensy die wet dit vereis nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: