February 26, 2021

’n Man vuur skote af op mense in ry

DURBAN.- ’n Gewapende man het hier skote op ’n skare mense, wat in ’n ry gestaan het, geskiet.

Volgens IOL het die mense tou gestaan om hul maandelikse werkloosheidstoelae by die poskantoor te kry. Dheven Govindasamy, van PT Alarms Tactical Unit, sê daar het glo ’n argument ontstaan oor die hou van plek in die ry.  Dis toe dat die verdagte ’n pistool uitgehaal en begin skiet het. ’n Vrou was in haar voet geskiet en ’n man is in sy been gewond.

Die verdagte het toe gevlug met ’n klomp mense wat hom jaag. Een van die mans wat die gewapende man agtervolg het, is in sy bors geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die skare wat agter die man aangehardloop het, het hom gevang en aangerand. Hy is onder andere met bakstene gegooi.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: