S.A. se veiligheidsnette is haaie se gordyn van dood

Foto: Pixabay

Die veiligheidsnette aan die kus van Suid-Afrika beskerm mense teen roofdiere in die see, maar dit veroorsaak dat honderde seediere hul lewens jaarliks verloor.

Volgens Express word ten minste 400 haaie, insluitend beskermde spesies soos die grootwit- en hamerkophaai, jaarliks aan die kus van KwaZulu-Natal in veiligheidsnette vasgevang,

Mariene bewaringsbewustes sê talle ander diere soos seeskilpaaie en dolfyne beswyk ook jaarliks in die nette. Walter Bernardis, ‘n ervare haaiduiker, sê: “Dit is ‘n passiewe stelsel wat in die water geplaas is en alles wat sy kop in die net sit, sterf.” Daar strek 300 km veiligheidsnette noord en suid van KwaZulu-Natal se kuslyn. Dit is ten minste 37 strande wat deur die nette bewaar word.

Volgens Matt Dickens, hoof van die haaie-raad van KwaZulu-Natal, is meer as 600 seedierein 2019 uit die greep van die nette gered, terwyl miljoene haaie jaarliks deur menslike aktiwiteite van kant gemaak word. Haaie word gevang vir hul vinne omrede sekere lande soos China haaivinsop as ’n lekkerny sien.

Haaie is verantwoordelik vir slegs 10 mense se dood ’n jaar

Dit is in kontras met haaie wat verantwoordelik is vir slegs 10 mense se dood ’n jaar.
Volgens die Internasionale Shark Attack File (ISAF) is daar van 2014 tot 2018 slegs 84 haaiaanvalle aangeteken, met vyf noodlottige gevalle wat in 2019 plaasgevind het.

Volgens Amerikaanse gegewens het jy ’n groter kans om deur weerlig raakgeslaan te word as om deur n haai aangeval te word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: