MONTREAL. – ’n Vrou van hier het gedink jy kan die inperkingsreëls omseil deur met haar man in plaas van met haar hond aan ’n leiband te loop.
Deur die polisie voorgekeer
Kanada se aandklokreël wat 20:00 begin, laat wel toe dat jy daarna op straat kan wees as jy met jou hond gaan stap. Die vrou is deur die polisie voorgekeer en sy het aan hulle gesê sy oortree geen reëls nie, want sy het met haar hond gaan stap.
Boete opgelê
Volgens IOL is die vrou ’n boete van 1 500 $ (ongeveer R17 800) opgelê, maar het geweier om beperkings op haar vryheid te aanvaar. Sy het aan die polisie gesê sy sal elke aand tydens die aandklokreël op straat wees.



