SARS het op hul aanlynwebtuiste aangekondig sekere van hul vorms en verklarings van die e-filing maak nie oop nie.
Volgens Times Live het die Amerikaanse rekenaarsagtewaremaatskappy Adobe, op 2 Desember aangekondig hulle gaan die Flash-program staak. Die Flash-sagteware is verantwoordelik om gebruikers in staat te stel om multimedia-inhoud aanlyn te sien.
SARS het op hul aanlynwebtuiste bekend gemaak sekere vorms, wat gebruik word vir e-filing, is deur die staking van Adobe Flash geaffekteer.
SARS het op Twitter aangekondig hulle is bewus van die inhoud wat nie reg aflaai op die aanlynwebtuiste nie. Hulle is glo besig om die probleem op te los en sal die gebruikers in kennis stel wanneer die probleem opgelos is. “Ons vra om verskoning vir die huidige ongerief.”
SARS frustreer belastingbetalers omrede hulle nie ’n oplossing kon kry vir die probleem op hul aanlynwebtuiste nie, wat vroegtydig deur die verskaffer van die diens bekend gemaak is.
SARS het geen antwoorde op die talle vrae oor hoekom hulle nie betyds van diensverskaffers kon verander het nie.



