January 24, 2021

Amazon Apple en Google verban die Parler-toep weens Capitol-aanval

Foto: Pixabay

Amazon, Apple en Google het Parler, ’n sosialenetwerktoep, van hul dienste verban. ’n Groep Trump-ondersteuners het Woensdag die Capitol aangeval. Die Parler-toep is oortrek met gewelddadige kommentaar en aanhitsing tot geweld.

Volgens Cnet het die uitvoerende hoof van Parler, John Matse, Saterdag in ’n plasing bekend gemaak Amazone sal nie verder die Toep in sy aanlynwinkels ondersteun nie. Dit nadat Apple en Google ook die toep van hul aanlynwinkels verwyder het.

Matse sê: “Dit was ‘n gekoördineerde aanval deur tegnologiereuse om mededinging op die mark te vernietig,” Matse het verder in ’n persverklaring gesê Parler ondersteun nie plasings wat geweld aanhits nie. “Parler streef daarna om mense bymekaar te bring en gemeenskaplike grond, vrede en genesing te vind. Ons veroordeel of aanvaar nie geweld op ons platform nie, en ons sal dit ook nooit doen nie.” Die maatskappy werk glo aan die verbetering van hul moderering om die soorte plasings te verwyder.

Apple het Saterdag in ’n verklaring gesê hul verbied Parler om van hul dienste gebruik te maak omrede hulle nie die inhoud van hul gebruikers gemodereer het nie. Apple sê: “Ons het altyd verskillende standpunte ondersteun wat in die toepwinkel verteenwoordig word, maar daar is geen plek op ons platform vir dreigemente van geweld en onwettige aktiwiteite nie,”

Google het dieselfde keuse geneem en het gesê: ” Ons besef daar kan redelike debatte oor inhoudbeleide wees en dit kan moeilik wees vir programme om alle ongewenste inhoud onmiddellik te verwyder, maar vir ons om ‘n toep deur Google Play te versprei, is dit nodig dat ons toepaslike moderering vir ernstige inhoud implementeer.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *