BLOEMFONTEIN. – Merijke van Staden en haar verloofde is rasend van bekommernis na hulle op Facebook gesien het Wouter Delport, ’n familielid van haar verloofde, is glo voor Kerstyd vermoor.
Van Staden het FiND iT gekontak omdat sy volgens haar nêrens anders hulp kry nie. “Ons het op Facebook gelees hy is glo tussen bande verbrand na ’n huisbraak,” sê Van Staden.
Sy sê hulle is baie bekommerd. Hulle weet nie of die storie waar is nie en wil graag antwoorde hê. “Ons kry nie meer die Facebook-inskrywing nie.”
Delport is volgens Van Staden ongeveer 44 jaar oud en die voorval het glo in Brandwacht in Bloemfontein gebeur.
Geen ander inligting is rondom die voorval beskikbaar nie.
FiND iT het al navraag by die polisie gedoen, maar wag steeds op terugvoer.



