Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het gisteraand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 21 832 meer geword. Daar is nou in totaal 1 149 591 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 31 368 en 929 239 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 6 898 207 toetse vir die virus doen.



