Ma en twee kinders verdwyn saam

Deel hierdie storie / Share this story

BULTFONTEIN. – “Enige vriend of vriendin op Celente se Facebook wat dalk ‘n idee het waar sy kan wees, skakel groot asseblief die polisie in Bultfontein. Dis in belang van die twee pragtige dogtertjies dat sy gevind moet word.” So lui die inskrywing op Celente Janse van Rensburg se Facebook-profiel.

Janse van Rensburg (40) en haar twee kinders, Niané (1) en Lienke (2), het op 2 Desember 2020 verdwyn.

Kapt. Radebe sê Henry Joubert (43), pa van die kinders, Janse van Rensburg en die twee kinders was saam met vakansie in Durban toe hulle verdwyn het.