KAAPSTAD. – Milani Keke (4) het rugby saam met vriende by sy huis gespeel toe hy deur twee pitbulls verskeur is.
Sers, Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê ’n doodsondersoek is deur die polisie in Gugulethu begin. Volgens Rwexana word die omstandighede rondom die voorval ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Die hond is tans in die sorg van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) terwyl die ondersoek voortduur. Die ma was glo by die huis tydens die voorval. Sy het haar dogter hoor skree en na buite gehardloop. Sy het gesien hoe die twee honde haar seun verskeur.



