January 24, 2021

Jaundri – biseksuele vrou sê sonde is sonde.

Foto: Jaundri Coetzee

Jaundri Coetzee het op die ouderdom van 13 besef dat sy nie net geïnteresseerd is in kêrels nie, maar dat sy dames ook aantreklik vind. Sy het dit vir haarself gehou en het nooit gevoel sy pas rêrig in nie. “Ek het soos ’n verlore swaeltjie sonder vlerke gevoel. Jy voel nie vry nie, jy kan nie jouself wees nie en jy pas nêrens in nie. Ek was so bang om seer te kry.”

In Julie 2020 het Coetzee besluit om haar ouers die waarheid te vertel. “Ek dink my ouers het dit verwag, maar dit het steeds my ma onkant gevang. My pa is weer baie gemaklik daarmee en maak selfs grappe daaroor.” Coetzee se ouers ondersteun haar heeltemal, sy het vriende en familie wat haar ook bystaan.  Sy vertel daar is diegene wat heeltemal kontak met haar verbreek het, vriende se ouers wat hulle kinders se vriendskap met haar verbied. Sy kry ook baie te doen met homofobiese mense.

Sy wil eendag kinders aanneem

Net soos enige ander mens het Coetzee self ook planne vir haar toekoms. Sy sien haarself saam met ’n lewensmaat wat waardes en ambisie het. Sy wil graag kinders hê, of dit biologiese kinders is of nie. Sy sê sy sal definitief later in haar lewe ook kinders aanneem.

Jaundri verduidelik dat homofobe gou is om na die Bybel te verwys as dit kom by seksualiteit. “Daar is geen sonde groter as die ander nie, of jy nou deel is van die LGBTQ-gemeenskap, of jy kinders het voor die huwelik en of jy skei, sonde is sonde. Om mense te oordeel is ook sonde.” Sy sê dit maak seer om te weet mense sal jou nie aanvaar as jy nie aan hul voorwaardes voldoen nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *