Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het die nuutste Covid-19-syfers in die provinsie bekendgemaak.
Daar is nou 26 019 positiewe gevalle, waarvan 23 139 van die virus genees is. Daar is 2 480 aktiewe gevalle van die virus in die provinsie.
Die sterftesyfer staan op 398.



