Lyk sonder ledemate in tas op treinstasie gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ‘n Man het glo ‘n tas met ‘n man se lyk, sonder kop en ‘n arm, op ‘n treinstasie in Athlone agter hom aan gesleep.

Die man het na bewering die tas in ’n duikweg probeer wegsteek om dit aan te brand te steek. Die personeellede het rook gesien nadat die man die tas aan die brand gesteek het. Hulle het na die verdagte gehardloop om die brand te blus en die verdagte het toe te voet gevlug.

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê niemand is nog in hegtenis geneem nie. ’n Saak van moord word ondersoek.

Volg FiND iT hier.