Lyk in kanaal as vermiste vrou geïdentifiseer

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP. – Die liggaam van ’n vrou wat op 24 Desember 2020 in ’n kanaal naby Kanoeneiland gevind is, is as die vermiste Johana Malgas (71) geïdentifiseer.

Malgas was na bewering al van 21 Desember 2020 vermis en haar dogter het haar liggaam uitgeken.

Die polisie bedank die gemeenskap vir hulle hulp in die verband.