Die weer in jou streek vandag

Deel hierdie storie / Share this story

Noord-Kaap

Bewolk met miskolle in die oggend langs die noordwestelike dele, andersins koel tot warm.

Kimberley: 20°C tot 30°C

Vrystaat

Miskolle in die oggend in die ooste, andersins koel tot warm.

Bloemfontein: 18°C tot 27°C

Gauteng

Aanvanklik bewolk, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele buie en donderbuie.

Pretoria: 20°C tot 32°C

Limpopo

Baie warm in die Laeveld, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie.

Polokwane: 20°C tot 32°C

Mpumalanga

Baie warm in die Laeveld, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie en donderbuie in die Hoëveld.

Mbombela: 21°C tot 33°C

Oos-Kaap

Gedeeltelik bewolk en warm.

Port Elizabeth: 19°C tot 24°C

Wes-Kaap

Bewolk oor die oostelike dele en langs die weskus met mis en motreën in die oggend in die suidwestelike dele.

George: 15°C tot 23°C

KwaZulu-Natal

Miskolle in die oggend in die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en warm in die noordooste.

Durban: 22°C tot 27°C

Noordwes

Koel tot warm en gedeeltelik bewolk met enkele buie en donderbuie.

Vryburg: 20°C tot 33°C