Vrou met draad vasgebind en onherkenbaar verbrand

Deel hierdie storie / Share this story

PORT ELIZABETH. – ’n Vrou se liggaam wat verbrand en met draad vasgebind is, is naby ’n stortingsterrein in Gelvandale gevind.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die vrou se identiteit moet nog bekendgemaak word. Volgens Naidu is ’n saak van ’n vermiste vrou (21) intussen by die polisie in Gelvandale geopen.

’n Man (27) is in hegtenis geneem op aanklag van moord. Items wat in die man se besit gevind is, kan na bewering met die vermiste vrou verbind word. Die polisie vermoed die vermiste vrou is moontlik ook die oorledene. Naidu sê die verdagte het sonder ’n hemp rondgeloop met bloed op sy klere en krapmerke op sy lyf.

Die verdagte sal Dinsdag in die hof verskyn.

Volg FiND iT hier.