Skemer deur my ruit
Soos die nag sy koms fluit
Die belofte van sterre wat soos bote op water dryf
Rooi is die aandrok aan jou lyf
Die kleure van jou argitektuur soos ‘n vuurwerk
Die nostalgie in jou emosie sterk
Jy is elke dromer se droom
Elke swerwer se bestemming
Elke denker se antwoord
Jy is skemer
Gedig deur Nathan Marais



